Tippie doen wiskunde (Vlak 2 Boek 1-10)

by
,
,

Write a Review

Tippie doen wiskunde is ’n unieke en prettige manier om wiskunde te bemeester.

Die Vlak 2 Wiskunde reeks fokus op die voorkennis van Vlak 1 en bou verder op die boustene van wiskundige geletterdheid. Vlak 2 bied kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie-temas.
Tippie doen wiskunde is progressief en ons beveel aan dat jy by Boek 1 begin om vaslegging te verseker.
Die breë uitkomstes in hierdie reeks is getalle, bewerkings en verwantskappe. Patrone, funksies en algebra, asook ruimte, vorm, meting en datahantering, word deurlopend in hierdie reeks aangeleer.
Tippie doen wiskunde Vlak 2 fokus op funksionele uitkomstes, bied geleentheid vir selfassessering en sluit ’n aantal tydgebaseerde aktiwiteite in. Duidelike vordering sowel as kurrikulumuitbreiding is in hierdie reeks ingesluit.
Die Tippie doen wiskunde Vlak 2 boekpak bestaan uit die volgende 10 titels:
Boek 1: Ontdek in die oerwoud
Getalbegrip 1 — 20 / Hersiening en basislynassessering vir Graad 2 wiskundige geletterdheid
Boek 2: Ontdek met monsters
Getalbegrip 1 — 30 / Meting: kalenderwerk / Tyd: half- en kwartuur / Vermenigvuldiging / Plekwaarde / Simmetrie
Boek 3: Leer in die ruimte
Getalbegrip 1 — 40 / Meetkunde: 3D-vorms / Afmetings: lengte en gewig / Plekwaarde
Boek 4: Ontdek met loopbane
Getalbegrip 1 — 50 / Breuke / Afronding tot naaste 10 / Suid-Afrikaanse geld / Datahantering: sirkeldiagram / Meting: kalender en tyd
Boek 5: Leer met reptiele
Getalbegrip 1 — 60 / Afmetings: lengte / Verhoudings / Afronding / Patrone / Oorslaantel / Plekwaarde
Boek 6: Ontdek met vervoer
Getalbegrip 1 — 70 / Meting: afstand, spoed en kapasiteit / Verhoudings / Breuke / Patrone en volgorde / Datahantering: pictogram
Boek 7: Leer onder die see
Getalbegrip 1 — 80 / Afmetings: lengte en hoogte / Vermenigvuldiging / Afronding / Plekwaarde / Datahantering: sirkeldiagram
Boek 8: Ontdek in die biblioteek
Getalbegrip 1 — 90 / Vermenigvuldiging / Meting: massa / Datahantering: telkaarte
Boek 9: Leer meer oor geld
Getalbegrip 1 — 100 / Suid-Afrikaanse geld / Verhoudings / Sakrekenaar pret / Plekwaarde
Boek 10: Leer terwyl jy deur die wêreld reis
Getalle, bewerkings en verwantskappe / Patrone, funksies en algebra / Meetkunde: ruimte en vorm / Meting / Datahantering / Basislynassessering vir Graad 3 wiskundige geletterdheid

Tippie doen wiskunde (Vlak 2 Boek 1-10) Reviews | Toppsta

9780637004947

Share on

Videos

If you would like to provide a video review please sign up to our video panel.

Series

This is Book 1 in the Tippie doen Wiskunde Series. See all Tippie doen Wiskunde books here.

Sign up to our newsletter for...

Free Book Giveaways, Recommendations & more

Be the first to write a Review


No one has written a review for 'Tippie doen wiskunde (Vlak 2 Boek 1-10)'

Why not be the first to share your opinion?